|
The LWO came into being as an employer organisation during 1990 to provide employers with labour law and related services in the field of Labour Law.
|
Die LWO is gedurende 1990 as werkgewersorganisasie tot stand gebring om werkgewers in die Suid-Afrikaanse besigheidsgemeenskap te bedien met arbeidsregsdienste, asook verwante dienste op die gebied van die Arbeidsreg.
|
|
The LWO is a non-profit member organisastion that is managed by a board constituted by members. It has the necessary infrastructure through which members can be effectively served on a national basis.
|
Die LWO is ’n nie-winsgewende lidorganisasie wat bestuur word deur ’n Raad wat uit lede bestaan. Die LWO beskik oor die nodige infrastruktuur waardeur lede effektief op ’n nasionale basis bedien kan word.
|
|
The LWO aims to be an employer organisation of choice for employers nationally, based on the professional and effective manner in which LWO serves its members.
|
Die doel van die LWO is om ’n nasionale werkgewerorganisasie van voorkeur vir werkgewers te wees, gegrond op die professionele en effektiewe wyse waarop lede van die LWO bedien word.
|
|
To meet the expectations of our members, the LWO has a team of highly trained legal advisers that can rightfully be seen as experts in the field of labour law.
|
Om aan die verwagtings van lede te voldoen, het die LWO ’n span hoogsopgeleide regsadviseurs, wat met reg as uiters kundig op die gebied van Arbeidsreg beskou kan word.
|
|
The LWO’s success can be linked to its approach of continuously providing its members with personal attention, thus ensuring that their needs with regard to labour law are correctly identified and properly addressed. We are thus focused on making a contribution to the quality of life of our members through the provision of our products and services.
|
Die sukses van die LWO kan dan ook direk gekoppel word aan ons benadering om deurlopend persoonlike aandag aan ons lede te skenk en hierdeur te verseker dat arbeidsregbehoeftes korrek geďdentifiseer en na behore aangespreek word. Ons is dus daarop ingestel om deur die lewering van ons dienste en produkte ’n bydrae te kan lewer tot die lewenskwaliteit van ons lede.
|